Omusati-streek assesseer weiding-, ander skade na Etosha-brand

Loading player...
Wydverspreide veldbrande wat onlangs weivelde in die Otamanzi-kiesafdeling van die Omusati-streek verwoes het, is onder beheer gebring, maar plaaslike veeboere staar nou 'n ernstige weidingskrisis in die gesig. Die brand, wat van Etosha Nasionale Park na dele van die Omusati- en Oshana-streke versprei het, het groot stukke weiveld vernietig en verskeie heinings beskadig. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusati-goewerneur Immanuel Shikongo gepraat, wat sê sy kantoor doen steeds assessering van die skade aan huise en vee.
16 Oct 2025 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mugabe-borgtogaansoek tot volgende week uitgestel

Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
23 Feb 10AM 1 min

Gunners klop Spurs, nou vyf punte voor ManCity

Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
23 Feb 10AM 1 min

Jeug Indaba bemagtig jongmense vir ekonomiese deelname

Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
23 Feb 9AM 1 min

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min