Net nog enetjie | Vrede in die Midde-Ooste en vet kaders in Thembisa | Ep. 55

Loading player...
Op eie bodem is die skelms sommer baie besig. Die beslaglegging van Thembisa-tenderpreneurs se luukshede maak ʼn mens sommer siek – net nie só siek dat jy na dié hospitaal toe hoef te gaan nie, want die kaders en korruptes het seker gemaak daar bly net mooi niks funksioneel oor nie. Die vermetelheid om nie net van arm nie, maar ook siek mense te steel.

Luister na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie om te hoor wat Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen te sê het oor hierdie dinge.
Chapters
  • 00:00 Welkom terug
  • 01:50 Vrede in die Midde-Ooste
  • 11:12 Vet kader in Thembisa
  • 20:45 Kruger-replika kry ’n nuwe tuiste
14 Oct 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | John Deere-huisen se nalaten-skaap | Ep. 66

John Steenhuisen het Woensdagoggend aangekondig dag hy nie weer as partyleier verkiesbaar sal wees in April tydens die DA se federale kongres nie. Hy sal eerder as minister van landbou al sy energie stort in die reuse-bek-en-kloukrisis wat tans in die land heers. In hierdie week se episode van Net…
4 Feb 20 min

Net nog enetjie | Manne met gunne | Ep. 65

Die groot vraag in Suid-Afrika is tans: wat gaan aan met al die manne met gunne? Julius Malema is verlede jaar skuldig bevind in AfriForum se vuurwapensaak teen kom. Nou is die man in die voorvonnisverrigtinge om uit te vind of hy sy rooi oorpak vir ʼn oranje een gaan…
28 Jan 30 min

Net nog enetjie | Die regering van nasionale verwarring | Ep. 64

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom oor die stand van sake in Suid-Afrika. Vanaf die huidige krisis rondom bek-en-klouseer tot die regering van nasionale verwarring en verlamming in ’n verkiesingsjaar. Wie hou kop in dié chaos en wie gaan…
22 Jan 29 min