Lucky sê hy's nie bang vir SARS nie

Loading player...
Die voormalige hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Lucky Montana, het ten sterkste ontken dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geld skuld. Die agentskap het die naweek in ʼn ongekende stap ʼn nuuskonferensie gehou waar hy inligting bekendgemaak het oor Montana se belastinginligting en sy skuld van net meer as 55 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Inkomstediens sê die stap was noodsaaklik om sy integriteit te beskerm nadat Montana hom openlik van bedrog beskuldig het. Montana sê hy is nie bang om die Inkomstediens aan te pak nie:
14 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA baklei teen wysiging van wapenwet

Die DA gaan die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet en in die parlement beveg, en regstappe oorweeg om verantwoordelike, gelisensieerde vuurwapeneienaars se grondwetlike regte te beskerm. Die DA-lid Ian Cameron sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm ingestel word, neem dit vuurwapens uit die hande van wettige eienaars…
23 Feb 10PM 1 min

Arbeider-veteraan Mandelson gearresteer, oor Epstein

Die voormalige Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, is Maandagaand gearresteer op vermoede van wangedrag in 'n openbare amp en in 'n Londense polisiestasie ondervra. Mandelson is ondersoek oor bewerings dat hy marksensitiewe regeringsinligting met sy goeie vriend Jeffrey Epstein gedeel het terwyl hy handelminister was. Die hoofsekretaris van…
23 Feb 10PM 1 min

Mugabe-borgtogaansoek tot volgende week uitgestel

Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
23 Feb 10AM 1 min

Gunners klop Spurs, nou vyf punte voor ManCity

Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
23 Feb 10AM 1 min