Die DA gaan die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer in die kabinet en in die parlement beveg, en regstappe oorweeg om verantwoordelike, gelisensieerde vuurwapeneienaars se grondwetlike regte te beskerm. Die DA-lid Ian Cameron sê indien die wetsontwerp in sy huidige vorm ingestel word, neem dit vuurwapens uit die hande van wettige eienaars…
Die voormalige Britse ambassadeur na Amerika, Lord Peter Mandelson, is Maandagaand gearresteer op vermoede van wangedrag in 'n openbare amp en in 'n Londense polisiestasie ondervra. Mandelson is ondersoek oor bewerings dat hy marksensitiewe regeringsinligting met sy goeie vriend Jeffrey Epstein gedeel het terwyl hy handelminister was. Die hoofsekretaris van…
Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.