Duitser Cejka vat PGA-kampioenskap in Noord-Carolina

Loading player...
Die Duitser, Alex Cejka, het een onder baansyfer 71 aangeteken om die PGA-toerkampioenskap se SAS-kampioenskap in Noord-Carolina met drie houe te wen. Dis die 54-jarige speler se eerste titel sedert die 2023 Senior Ope Kampioenskap. Die Suid-Afrikaner, Ernie Els, is tweede op vier onder 68, wat vanjaar sy 12de posisie onder die top 10 en sy derde naaswenner-posisie is. Die Nieu-Seelander Steven Alker is derde. Cejka sê hy is trots dat hy in moeilike situasies gefokus gebly het:
13 Oct 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gauteng het R9 miljard van sy R20 miljard e-tolskuld betaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie het meer as 9 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy e-tolskuld van 20 miljard rand afbetaal. Die e-tolstelsel is in 2024 amptelik geskrap. Die provinsiale regering het onderneem om 30-persent van die e-tolskuld te betaal, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap 70-persent van die…
24 Feb 1AM 1 min

Starmer se toekoms... enigiets kan gebeur

Die herrie rondom die arrestasie van Lord Peter Mandelson, ‘n veteraan van die Arbeidersparty, het dinge uiters warm gemaak vir premier Keir Starmer. Starmer het voorheen gesê dat hy Mandelson geglo het toe hy gesê het hy het nie noue bande met Jeffrey Epstein nie en hom toe as ambassadeur…
24 Feb 1AM 1 min

ID-bedrogskema in SA saam met Interpol ontbloot

Die Spesiale Ondersoekeenheid het, in samewerking met Interpol, 'n groot identiteitsbedrogskema ontdek waarby buitelandse burgers betrokke is, deur Suid-Afrikaanse paspoorte en vlugtelingaansoeke te gebruik. Die waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Leonard Lekgetho, sê amptenare sweer saam om foto's te vervang deur burgers se vingerafdrukke te gebruik. Lekgetho sê die…
24 Feb 12AM 1 min

Kaoko Fria Smart City soek werkers

'n Werkverskaffingsveldtog gekoppel aan die Kaoko Fria Smart City en diepseehaweprojek word reg oor die land van stapel gestuur, met ‘n siftingsproses wat nou in Windhoek aan die gang is. Kaoko Fria Investment-woordvoerder Immanuel Nghifikwa sê die siftingsproses waarborg nie 'n werk nie, maar is oop vir alle Namibiërs van…
24 Feb 12AM 1 min

Begrotings, sonde-belasting en sindikate

Terwyl Namibië se nasionale begroting Donderdag ter tafel gelê word, is dit die buurland se beurt Woensdagmiddag. Terwyl Namibië ook uitdagings ervaar met drank- en sigaretsmokkelary, is dit nie naby die vlakke van Suid-Afrika nie. Tax Justice South Africa waarsku die finansminister, Enoch Godongwana, teen die verhoging van "sonde"-belasting voor…
24 Feb 12AM 1 min