Alles is gereed vir gevangene-gyselaar uitruil in Gaza

Loading player...
Israel se regering sê hy verwag dat al 20 lewende gyselaars wat in Gaza deur Hamas aangehou word, vanoggend aan die Rooikruis oorhandig sal word. Dis deel van die eerste fase van die vredesooreenkoms waarop verlede week ooreengekom is. Hamas hou 48 mense gyselaar, waarvan 20 vermoedelik nog lewe. Israel sal byna 2 000 Palestynse gevangenes vrylaat. Die Israelse regering se woordvoerder, Shosh Bedrosian, sê hulle is ook gereed om die liggame van die oorlede gyselaars te ontvang:
12 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gauteng het R9 miljard van sy R20 miljard e-tolskuld betaal

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê die provinsie het meer as 9 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy e-tolskuld van 20 miljard rand afbetaal. Die e-tolstelsel is in 2024 amptelik geskrap. Die provinsiale regering het onderneem om 30-persent van die e-tolskuld te betaal, terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap 70-persent van die…
24 Feb 1AM 1 min

Starmer se toekoms... enigiets kan gebeur

Die herrie rondom die arrestasie van Lord Peter Mandelson, ‘n veteraan van die Arbeidersparty, het dinge uiters warm gemaak vir premier Keir Starmer. Starmer het voorheen gesê dat hy Mandelson geglo het toe hy gesê het hy het nie noue bande met Jeffrey Epstein nie en hom toe as ambassadeur…
24 Feb 1AM 1 min

ID-bedrogskema in SA saam met Interpol ontbloot

Die Spesiale Ondersoekeenheid het, in samewerking met Interpol, 'n groot identiteitsbedrogskema ontdek waarby buitelandse burgers betrokke is, deur Suid-Afrikaanse paspoorte en vlugtelingaansoeke te gebruik. Die waarnemende hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Leonard Lekgetho, sê amptenare sweer saam om foto's te vervang deur burgers se vingerafdrukke te gebruik. Lekgetho sê die…
24 Feb 12AM 1 min

Kaoko Fria Smart City soek werkers

'n Werkverskaffingsveldtog gekoppel aan die Kaoko Fria Smart City en diepseehaweprojek word reg oor die land van stapel gestuur, met ‘n siftingsproses wat nou in Windhoek aan die gang is. Kaoko Fria Investment-woordvoerder Immanuel Nghifikwa sê die siftingsproses waarborg nie 'n werk nie, maar is oop vir alle Namibiërs van…
24 Feb 12AM 1 min

Begrotings, sonde-belasting en sindikate

Terwyl Namibië se nasionale begroting Donderdag ter tafel gelê word, is dit die buurland se beurt Woensdagmiddag. Terwyl Namibië ook uitdagings ervaar met drank- en sigaretsmokkelary, is dit nie naby die vlakke van Suid-Afrika nie. Tax Justice South Africa waarsku die finansminister, Enoch Godongwana, teen die verhoging van "sonde"-belasting voor…
24 Feb 12AM 1 min