ECN-amptenare ongedeurd na ongeluk, terug aan diens

Loading player...
Al sewe amptenare van die Verkiesingskommissie wat Sondag in 'n motorongeluk naby Ongolo beseer is, is ontslaan en is vanoggend weer aan diens. Die span was op pad om toesig te hou oor vandag se tussenverkiesing in die Outapi-kiesafdeling, waar kiesers na die stembusse op pad is om te kies tussen Swapo se Selma Asino en IPC se Fillemon Shikwambi. Woordvoerder De Wet Siluka het 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
29 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TransNamib sal sy dubbelbrandstof lokomotiewe toets

TransNamib het sy projek om twee lokomotiewe om te skakel na dubbelbrandstof-waterstof-diesel-lokomotiewe, aangedryf deur Namibiese groen waterstof, in 2024 tydelik opgeskort. Die projek was uitgestel omdat TransNamib daarop gefokus het om bestaande lokomotiewe op te knap. Kosmos 94.1 Nuus het met Kendall Swartz, TransNamib se uitvoerende beampte vir bemarking en…
16 Jan 1AM 1 min

BKS: VF+ sal regeringsplan noukeurig monitor

Die Vryheidsfront Plus belowe om die regering se bek-en-klouseerplan fyn dop te hou nadat 'n ramptoestand uitgeroep is. Die party sal voortgaan om politieke druk toe te pas om te verseker dat die maatreëls wat deur die minister van Landbou, John Steenhuisen, aangekondig is om die verspreiding van die uitbreking…
16 Jan 1AM 1 min

Robertson laat gaan oor kommer oor All Blacks se rigting

Die voorsitter van die Nieu-Seelandse Rugbyraad, David Kirk, sê die besluit om paaie te skei met die hoofafrigter, Scott Robertson, was weens kommer oor die All Blacks se rigting en vordering. Sy wenpersentasie van 20 oorwinnings uit 27 wedstryde is heelwat laer as dié van sy voorganger, Steve Hansen. Kirk…
16 Jan 12AM 1 min

VSA kondig sanksies teen Iranse amptenare aan

Die Amerikaanse departement van Finansies het sanksies aangekondig teen verskeie Iranse amptenare wat verantwoordelik is vir die land se dodelike optrede teen anti-regering betogers. Onder hulle is die land se nasionale hoof van veiligheid, Ali Larijani. Die minister van Finansies, Scott Bessent, sê die sanksies is gerig op 18 individue…
16 Jan 12AM 1 min

NamPol het kommer oor skoolslenters

Soos die 2026 akademiese jaar aan die gang kom, maak die polisie alarm oor 'n toename in skoolverwante swendelarye wat ouers en studente teiken. NamPol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die publiek uiters waaksaam moet wees en nie enigiemand betaal om skoolplasings te verseker, of…
16 Jan 12AM 1 min