Omusati Ras Sheehama se laaste rusplek

Loading player...
Wyle Ras Sheehama, die Namibiese reggae-legende, word vandag in die Onamulunga-nedersetting in Omusati begrawe. Sheehama het vroeër vandeesmaand sy eie lewe in Windhoek geneem. ‘n Gedenkdiens vir die musikant is Vrydag in die nedersetting gehou, bygewoon deur familie, vriende, bewonderaars en hooggeplaaste regeringslui. Avo Emilio, wat in 1999 by die Ras Sheehama-groep aangesluit het toe sy net 19 jaar oud was, onthou hom só: 
20 Sep 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM het kommer oor afgeskepe Graad 11s

Reaksie word steeds ontvang oor die onlangse eksamen uitslae. Sommige waarnemers meen daar is positiewe groei in vergelyking met vorige jare. Kwessies oor die nuwe gratis tersiêre onderwysstelsel doen egter steeds die rondtes en politieke partye laat van hulle hoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die PDM,…
16 Jan 10AM 1 min

Vloede-dodetal in Limpopo styg tot 11

Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier…
16 Jan 10AM 1 min

Amushelelo kap aanstelling van Shikongo se dogter as haarkapper

Die kwessie van Leefa Shikongo, die dogter van NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat by die Namibiese Korrektiewe Diens aangestel is as haarkapper maak steeds opslae. Die aktivis Michael Amushelelo het uit hibernasie gekom na die storie die hoofopskrifte gehaal het. Hy het 'n video op Facebook gelaai waarin hy sy…
16 Jan 10AM 1 min

Nsfaf-inkomstedrempel vir nie-onderrig befondsing nou N$300 000

Die onderwysministerie het die Nsfaf inkomstedrempel vir nie-onderrigondersteuning van 100 000 Namibiese dollar tot 300 000 dollar verhoog. Dit kom nadat die drempel gekritiseer is omdat dit baie middelinkomstegesinne gediskwalifiseer het en hulle sou nie studente se lewenskoste kon bekostig nie. Onderwysminister Sanet Steenkamp het die aankondiging vanmiddag gemaak.
16 Jan 9AM 1 min