Die voormalige werkers van Air Namibia is vandag in die hooggeregshof na die likwidateurs appèl aangeteken teen ‘n hoërhofuitspraak in Augustus 2024 dat die werkers se volledige pakkette uitbetaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus se hofkorrespondent is op die toneel en het met Renier Bougaard, die werkers se woordvoerder gepraat…
Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het die onwettige mynbou naby die Gugulethu-informele nedersetting in Springs, Gauteng, veroordeel. Tientalle inwoners van Payneville het sedert verlede week begin grawe na die beweerde ontdekking van gouddeeltjies in 'n kraal. Sommige beweer die terrein was voorheen 'n mynhoop, terwyl ander sê dit lê…
Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het kommer uitgespreek oor die moontlike likwidasie van Tongaat Hulett en waarsku dit kan landelike gemeenskappe en plaaslike regeringsfinansies beskadig. Senzelwe Mzila van die Departement waarsku dat die ineenstorting van die 134 jaar oue suikerprodusent duisende landelike werksgeleenthede…
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê president Donald Trump soek 'n besliste einde aan die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. 'n Tweede ronde vredesamesprekings onder leiding van die VSA sal vandag in Switserland begin, met Moskou wat hou by sy eise vir omvattende territoriale en politieke toegewings…
Die kabinet het die ontwikkeling van die Angola-Namibië, of ANNA, elektrisiteitsverbindingsprojek goedgekeur as 'n strategiese infrastruktuurbelegging, wat deur die energieministerie deur NamPower gedryf sal word. Inligtingminister Emma Theofelus sê in die jongste kabinetsbesluite die kabinet het ook die nasionale kragverskaffer opdrag gegee om 'n bilaterale kragkoopooreenkoms en projekontwikkelingsooreenkoms te finaliseer,…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.