Sanksies is al wat Putin sal keer, onderhandelings werk nie

Loading player...
Meer as 100 000 Oekraïnse huise was Woensdagaand sonder krag na die jongste Russiese hommeltuig-aanvalle op energie-infrastruktuur. Die Oekraïnse energie-ministerie sê dit is 'n voortsetting van Moskou se beleid om burgerlike infrastruktuur voor die winter te vernietig. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur na Rusland, Michael McFaul, het aan Britse media gesê om Rusland se aandag te kry om die oorlog te beëindig, moet die Weste radikale en omvattende sanksies oplê.
28 Aug 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM het kommer oor afgeskepe Graad 11s

Reaksie word steeds ontvang oor die onlangse eksamen uitslae. Sommige waarnemers meen daar is positiewe groei in vergelyking met vorige jare. Kwessies oor die nuwe gratis tersiêre onderwysstelsel doen egter steeds die rondtes en politieke partye laat van hulle hoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die PDM,…
16 Jan 10AM 1 min

Vloede-dodetal in Limpopo styg tot 11

Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier…
16 Jan 10AM 1 min

Amushelelo kap aanstelling van Shikongo se dogter as haarkapper

Die kwessie van Leefa Shikongo, die dogter van NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat by die Namibiese Korrektiewe Diens aangestel is as haarkapper maak steeds opslae. Die aktivis Michael Amushelelo het uit hibernasie gekom na die storie die hoofopskrifte gehaal het. Hy het 'n video op Facebook gelaai waarin hy sy…
16 Jan 10AM 1 min

Nsfaf-inkomstedrempel vir nie-onderrig befondsing nou N$300 000

Die onderwysministerie het die Nsfaf inkomstedrempel vir nie-onderrigondersteuning van 100 000 Namibiese dollar tot 300 000 dollar verhoog. Dit kom nadat die drempel gekritiseer is omdat dit baie middelinkomstegesinne gediskwalifiseer het en hulle sou nie studente se lewenskoste kon bekostig nie. Onderwysminister Sanet Steenkamp het die aankondiging vanmiddag gemaak.
16 Jan 9AM 1 min