Net nog enetjie | Is Wêreldoorlog 3 op pad? | Ep. 44

Loading player...
In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of die derde wêreldoorlog op pad is. Konflik in die Midde-Ooste het wéér vererger na Israel ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het. Is hierdie die laaste strooi voor ʼn globale konflik of is dit veilig om te sê dit is nie die derde wêreldoorlog elke keer wanneer iemand hulle wip nie – veral nie in die konflikgeteisterde Midde-Ooste nie.
Chapters
  • 00:00 Welkom terug
  • 01:37 Iran en die derde wêreldoorlog?
  • 14:09 Malema se ingeperkte reisopsies
  • 21:47 Die Bela-riglyne is uit
19 Jun 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Meer mag aan die mense! | Ep. 89

In dié week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en gasaanbieder Tania Heyns oor die DA se pas bekendgestelde 2026-verkiesingsmanifes. Dié nuwe verkiesingsmanifes erken ʼn ongemaklike werklikheid: wat tans in die meeste munisipaliteite gebeur, werk eenvoudig nie. As die huidige antwoord nie werk nie, is…
13 Aug 25 min

Net nog enetjie | Vir wie om te stem | Ep. 88

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom. "Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
5 Aug 26 min

Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87

Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond?…
30 Jul 23 min