Pensioenarisse ouer as 80 moet herregistreer vir toelaag

--:--
'n Openbare kennisgewing is uitgereik wat versoek dat 80-jariges hulself as lewendig verifieer by die maatskaplike welsyn-ministerie. Lede van die publiek was onder die indruk dat dit vals inligting is, maar die ministerie het die egtheid daarvan aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die ministerie se woordvoerder, Lukas Haufiku.
13 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minneapolis-skietery is haatmisdaad

Die FBI sê die noodlottige skietery by die Annunciation Catholic School in Minneapolis word as teen-Katolieke haatmisdaad ondersoek. Twee kinders, agt en tien jaar oud, is dood en 17 ander mense is beseer toe 'n verdagte gedurende die mis losgebrand het. Die verdagte, geïdentifiseer as Robin Westman, is op die…
28 Aug 3AM 1 min

Sanksies is al wat Putin sal keer, onderhandelings werk nie

Meer as 100 000 Oekraïnse huise was Woensdagaand sonder krag na die jongste Russiese hommeltuig-aanvalle op energie-infrastruktuur. Die Oekraïnse energie-ministerie sê dit is 'n voortsetting van Moskou se beleid om burgerlike infrastruktuur voor die winter te vernietig. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur na Rusland, Michael McFaul, het aan Britse media gesê…
28 Aug 3AM 1 min

So lyk die stand van sake vir varkboere

Die Varkprodusentevereniging van Namibië het onlangs sy jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag gehou, met 'n besondere fokus op biosekuriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Gideon Goosen, die voorsitter van die vereniging gepraat oor die stand van sake vir die produsente.
28 Aug 2AM 1 min

Standard Bank SA loods Volhoubaarheids-akademie

Standard Bank Suid-Afrika het sy Volhoubaarheids-akademie bekendgestel. Dis ʼn gratis leerplatform wat praktiese maatskaplike, omgewings-, bestuurs- en volhoubaarheids-oplossings aan sake-ondernemings regoor Afrika bied. Die akademie is ontwikkel in samewerking met Microsoft en Philanthrosoft. Manessah Alagbaoso van Standard Bank sê deelnemers kan deur die platform insig kry in die gebruik van…
28 Aug 2AM 1 min

Venus sê oor terugkeer na Amerikaanse Ope

Die Amerikaner Venus Williams en Leylah Fernandez van Kanada speel as promotorskeuse saam in die Amerikaanse Ope se dubbelspel vir vroue. Williams het al twee keer die titel verower op Flushing Meadows. Die twee is onder sewe promotorskeuses in die trekking. Die 45-jarige Williams, wat verlede maand na 16 maande…
28 Aug 1AM 1 min