Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

--:--
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike hervorming gebeur wanneer geleenthede uitgebrei word om meer burgers te betrek deur onderwys, indiensopleiding en werklike verbetering van inkomste, welvaart en lewenstandaarde:
10 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stadspolisie gee raad oor taxi's na nog 'n roof

'n Man van Windhoek is van 22 000 Namibiese dollar beroof nadat hy in 'n taxi geklim het. Die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en inwoners aangespoor om waaksaam te wees wanneer hulle taxi's gebruik. Sy waarsku dat gevalle…
6 Nov 7AM 1 min

McIlroy vind langer LIV Gholf-toernooie vreemd

Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, beskryf LIV Gholf se besluit om sy toernooi van volgende jaar na 72 putjies uit te brei as eienaardig. Dit kan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga se poging versterk om erken te word op die amptelike wêreldranglys, wat van die uiterste belang is omdat die vier…
6 Nov 7AM 1 min

Eskom kap teë teen 'waninligting'

Eskom is bekommerd oor voortgesette waninligting oor sy stelselprestasie en dieselverbruik. Hy herhaal dat hy elke Vrydag deursigtige, datagebaseerde inligting oor sy bedrywighede gee. Die kragverskaffer word gedwing om miljarde Suid-Afrikaanse rand se diesel te gebruik omdat sy opwekkingsvloot nie betroubaar genoeg is om voldoende krag op te wek nie…
6 Nov 7AM 1 min

VSA oorweeg 10% minder vlugte by 40 groot lughawens

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie gaan die vlug-vermoë na 40 belangrike lughawens reg oor die land met 10-persent verminder. Dis weens die regerings-afsluiting wat personeeltekorte in lugverkeerbeheer veroorsaak. Die beperking tree môre in werking. Die kansellasies kan daagliks tussen 3 500 en 4 000…
6 Nov 7AM 1 min

Begroting: TLU SA sê dis nie geld nie, dis 'n tekort aan ekonomiese rigting

Aan die vooraand van die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring op 12 November waarsku TLU SA dat Suid-Afrika se uitdagings, misdaad, gebrekkige infrastruktuur en swak dienslewering voortspruit uit onduidelike beleid, nie 'n gebrek aan fondse nie. Bennie van Zyl van TLU SA sê die organisasie vra vir duidelike ekonomiese rigting, bekwame leierskap en verantwoordbaarheid…
6 Nov 5AM 1 min