Agt mense in KZN afgemaai

--:--
Die polisie in KwaZulu-Natal-polisie het met 'n soektog begin nadat agt mense gisteraand in die Zama-informele nedersetting in Umlazi se U-afdeling doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die slagoffers, ses mans en twee vroue tussen 22 en 40 jaar oud, is met veelvuldige skietwonde gevind. Netshiunda sê onbekende verdagtes het 'n woning bestorm en losgebrand. Hy het bevestig die motief is nog onbekend en die ondersoek duur voort: 
17 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN prioritiseer oud-Caprivi-gebied vir voedselproduksie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het belowe om voedselproduksie in die twee Kavango- en Zambezi-streke te prioritiseer. Tydens 'n besoek aan die Kalimbeza-rysprojek het sy innovering en vinniger vordering aangemoedig. Dit na die plaas se 108-ton-oes steeds onverwerk is weens 'n gebreekte masjien.
28 Aug 4AM 1 min

SA se Graad 4 leerders sukkel ook met lees, wiskunde

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê Suid-Afrika moet toegang tot gehalte basiese leerwerk uitbrei en die dringendste onderwysuitdaging is die krisis in vroeë geletterdheid en syfervaardigheid. Gwarube het gepraat tydens die aanstelling van nuwe lede van die Nasionale Onderwys- en Opleidingsraad in Pretoria vandag. Die minister sê te…
28 Aug 4AM 1 min

Minneapolis-skietery is haatmisdaad

Die FBI sê die noodlottige skietery by die Annunciation Catholic School in Minneapolis word as teen-Katolieke haatmisdaad ondersoek. Twee kinders, agt en tien jaar oud, is dood en 17 ander mense is beseer toe 'n verdagte gedurende die mis losgebrand het. Die verdagte, geïdentifiseer as Robin Westman, is op die…
28 Aug 3AM 1 min

Sanksies is al wat Putin sal keer, onderhandelings werk nie

Meer as 100 000 Oekraïnse huise was Woensdagaand sonder krag na die jongste Russiese hommeltuig-aanvalle op energie-infrastruktuur. Die Oekraïnse energie-ministerie sê dit is 'n voortsetting van Moskou se beleid om burgerlike infrastruktuur voor die winter te vernietig. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur na Rusland, Michael McFaul, het aan Britse media gesê…
28 Aug 3AM 1 min

So lyk die stand van sake vir varkboere

Die Varkprodusentevereniging van Namibië het onlangs sy jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag gehou, met 'n besondere fokus op biosekuriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Gideon Goosen, die voorsitter van die vereniging gepraat oor die stand van sake vir die produsente.
28 Aug 2AM 1 min