Shark Island hoef nie kwessie te wees: Lüderitz-burgemeester

--:--
Namibië vier die eerste volksmoord herdenkingsdag op 28 Mei, hoewel die Nama- en Herero-gemeenskappe nie saamstem met die datum wat deur die regering vasgestel is nie. Nog 'n twispunt is die beplande uitbreiding van die Lüderitz-hawe wat Shark Island sal dek, wat 'n konsentrasiekamp vir Nama- en Herero-gevangenes was gedurende die 1904 tot 1908 volksmoord. Kosmos 94.1 Nuus het met Lüderitz-burgemeester Phil Balhao gesels, wat 'n opdatering van die kwessie gee.
15 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nudo kritiseer N$1,5 miljard lening van Duitsland

Die regering het 'n 1,5 miljard Namibiese dollar lening van Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank gekry om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Finansminister Ericah Shafudah het dit in die Nasionale Vergadering aangekondig, en Vetaruhe Kandorozu van Nudo het die stap gekritiseer.
12 Jun 11AM 1 min

Afrika moet eie groenwaterstof bestuur, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors…
12 Jun 11AM 1 min

Sopkombuis vra hulp met komberse, voorraad

Martha Festus bedryf al sewe jaar lank 'n sopkombuis in Havana in Windhoek. Met die winter op hande vra die gemeenskap haar ook vir komberse. Festus versoek hulp van die publiek en sy kan op 081 7435 442 geskakel word vir skenkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gepraat wat…
12 Jun 11AM 1 min

Gemeenskapslede herstel Etosha grensdraad, hoor NV

Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering duidelikheid by omgewingminister Indileni Daniel gevra oor verskeie kwessies. Dit kom na sy vroeër 'n opdatering gegee van die werk wat aan die Etosha Nasionale Park se 824 kilometer-lange grensdraad gedoen word. Venaani wou weet wie die grensdraad herstel en opgradeer…
12 Jun 11AM 1 min