Eskom: Ligte gaan aanbly dié winter

--:--
Eskom voorsien nie dat beurtkrag dié winter geïmplementeer gaan word indien onbeplande onderbrekings laer as 13 000 megawatt bly nie. Eskom het Maandag sy Wintervooruitsig vir die tydperk tot 31 Augustus gestel, wat van krag bly. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê indien onderbrekings tot 15 000 megawatt styg, sal beurtkrag tot 'n maksimum van 21 dae uit 153 dae in Fase 2 beperk word:
11 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglyn

Vervoerminister Veikko Nekundi, het 'n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi's wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in…
10 Jun 11AM 1 min

Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike…
10 Jun 11AM 1 min

Rundu-inwoners 'moet help met waterkrisis, rekeninge betaal'

Rundu staar 'n toenemende waterkrisis in die gesig namate vinnige bevolkingsgroei toenemende druk op verouderde infrastruktuur en beperkte watervoorsieningstelsels plaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het onthul dat die dorp tans slegs 857 kubieke meter water kan voorsien maar daar is 1 400 nodig. Intussen is die…
10 Jun 11AM 1 min

Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar ...

Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder…
10 Jun 10AM 1 min