Nust en sy wagte kom tot verhaal

--:--
Dit wil voorkom asof Nust daadwerklike stappe geneem het om die agterstallige minimumloon teen 23 Mei te betaal. Dit kom na wagte van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit het. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt van die onderhandelings en het Kosmos 94.1 Nuus die jongste meegedeel.
9 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië verbind tot gesonde, veilige werksplek

Namibië ondersteun die Internasionale Arbeidsorganisasie, die ILO, se konvensie en aanbevelings oor biologiese gevare in die werksplek. Arbeidsminister Fillemon Immanual het Vrydag tydens die 113de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève gesê die werkwêreld staar verskeie beroeps- en omgewingsuitdagings in die gesig. Namibië is ten volle verbind tot ‘n gesonde en veilige…
15 Jun 5AM 1 min

N/a'an ku sê ‘n miernes van bedrywighede

Die N/a'an ku sê-stigting is besig met verskillende projekte om die natuurlewe in die land te beskerm, en een daarvan is hul eie teen-stropingseenheid. Die stigting het ook 'n kliniek in Epukiro om gesondheidsorgdienste aan die San-gemeenskap te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Rudie van Vuuren, een…
15 Jun 5AM 1 min

Mthatha-dam nie oorsaak van vloede

Die Departement van Water en Sanitasie het bewerings op sosiale media ontken dat oop sluise by die Mthatha-dam die onlangse oorstromings veroorsaak het. Die hoof van die Spesialis-eenheid vir Damveiligheid, Wally Ramokopa, het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika beklemtoon dat die dam nie sulke sluise het nie. Ramokopa sê…
15 Jun 4AM 1 min

Proteas het SA trots gemaak, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se krieketspan gelukgewens met die oorwinning van die IKR Wêreldtoetskampioenskap teen Australië gister op Lords in Londen. Die Proteas het op die vierde dag met vyf paaltjies gewen. Die bydraes van kaptein Temba Bavuma en kolwer Aiden Markram het die knoop deurgehaak. Hulle het onderskeidelik…
15 Jun 3AM 1 min

Honderdduisende betoog teen Trump

President Donald Trump se langverwagte militêre parade is Saterdag in die strate van die middestad van Washington gehou. Dit was ook Trump se 79ste verjaardag. Die viering van die Amerikaanse leër se 250ste herdenking is egter gekenmerk deur 'n dag van geweld en onenigheid. In die ure voor die parade…
15 Jun 2AM 1 min