EFF sê Brittanje weier visum aan Malema

--:--
Die EFF het die Britse Hoë Kommissaris se versuim om sy leier Julius Malema se visumaansoek vir die Verenigde Koninkryk te verwerk, veroordeel. Malema sou hierdie naweek studente by die 11de Jaarlikse Cambridge Africa Together-konferensie by die Universiteit van Cambridge toespreek. Hy het onthul dat hy die weieringsbrief net vier uur voor sy geskeduleerde vertrek op Woensdag ontvang het. EFF se woordvoerder, Thembi Msane, het aan die SABC gesê dit is niks meer is as 'n gebruik van burokratiese prosesse om politieke meningsverskil te onderdruk nie:
8 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Valterra Platinum, ou Amplats, maak debuut op JSE

Valterra Platinum, voorheen Anglo American Platinum, het Woensdag sy debuut op die Johannesburgse Effektebeurs gemaak, voor sy amptelike ontbinding van Anglo American aan die einde van Mei. In 'n onderhoud met SABC News sê die finansiële hoof van Valterra, Sayurie Naidoo, die skuif is 'n belangrike stap in die maatskappy…
29 May 3AM 1 min

Duitsland, Namibië se pad lyk belowend

Namibië en Duitsland se pad vorentoe lyk belowend, ook wat versoening rakende die volksmoord betref, sê Duitsland se ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter. Hutter het Woensdag die eerste amptelike herdenkingsdagvieringe in Windhoek bygewoon. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens dieselfde geleentheid beklemtoon die oplossing vir die volksmoordkwessie moet almal tevrede stel,…
29 May 3AM 1 min

Net 16% van SA munisipaliteite kan met geld werk

Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê die stand van finansiële en prestasiebestuur-dissiplines in plaaslike regering laat veel te wense oor. Plaaslike regering het die afgelope drie jaar 17,6 miljard rand verloor weens vrugtelose en verkwistende besteding. Die ouditeur-generaal het bevind slegs 41 uit 257 rade het in die 2023/24-boekjaar ʼn skoon…
29 May 12AM 1 min

Vakbond vra SARB vir rente-genade

Die vakbondfederasie Cosatu vra 'n rentekoersverlaging van 50 basispunte terwyl die Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Matthew Parks van Cosatu sê die ekonomie het verligting nodig met dalende inflasie en werkers wat deur skuld en stygende lewenskoste belas word. Die meeste werkers bly onder druk weens skuld, ondanks…
29 May 12AM 1 min

Betoging teen tik vir Joslin

Die Kaapse Forum vra die hof en die media om die rol te beklemtoon van dwelmmisbruik, veral tik, terwyl die vonnisverrigtinge van Kelly Smith en haar medebeskuldigdes vandag voortgaan in die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat in Saldanhabaai sit. Hulle is skuldig bevind aan die ontvoering en mensehandel van Smith se jong…
29 May 12AM 1 min