Piastri wen in Miami

Loading player...
Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van 'n sesde plek herstel na 'n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te eindig. George Russell van Mercedes was derde. Verstappen het vierde oor die wenstreep gejaag, voor Alex Albon van die Williams-span. Piastri, wat sy bestuurderskampioenskap-voorsprong teen Norris met 16 punte vergroot het, sê hy kan steedse verbeter:
5 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië besluit volgende week oor brandstofprys

Die komitee wat die brandstofpryse bepaal, vergader in die die komende week om Junie se pryse vas te stel. Daar is verwagtinge in Suid-Afrika dat pryse sal daal, maar dis nie gewaarborg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat.
25 May 5AM 1 min

Otjiwarongo kry meer as 400 gedienste erwer

Altesaam 436 erwe in die Eie Risiko-informele nedersetting op Otjiwarongo gaan deur die Development Workshop of Namibia van dienste voorsien word in ‘n projek van 7 miljoen Namibiese dollar. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling Evelyn !Nawases-Taeyele het die verwikkeling tydens die sooispitseremonie van die projek verwelkom. Sy het…
25 May 5AM 1 min

Trump stook gewapende magte op

President Donlad Trump van Amerika het Saterdag by die militêre akademie by West Point met ‘n verdedigingsbegroting van een triljoen Amerikaanse dollar gespog. Die West Point-gegradueerdes betree die Goue Era van Amerika, het Trump gesê. Die verdedigingsmagte se plig is om vreemde kulture te transformeer en demokrasie wêreldwyd met die…
25 May 4AM 1 min

Meer as 100 miljoen wêreldwyd ontwortel

Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36 000 burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122 miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die…
25 May 3AM 1 min

EU, Zimbabwe wil bande versterk

Zimbabwe en die Europese Unie is besig om ekonomiese samewerking te versterk met handels- en beleggingsbande tussen die twee vennote wat in die nabye toekoms na verwagting die kerf van een miljard Amerikaanse dollar oorskryf. Die EU se ambassadeur in die land, Jobst von Kirchmann, het tydens die EU-Zimbabwe Business…
25 May 3AM 1 min