Sloerende kopieregwetsontwerp benadeel musikante

--:--
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het onlangs deelgeneem aan 'n bespreking tydens Wêreld Intellektuele Eiendomsdag. Tydens die bespreking het die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, uitgelig dat hulle steeds worstel met digitale roof. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicanor gepraat wat sê dat die kopieregwetsontwerp van 2021 steeds by die verantwoordelike ministeries is, en hulle wag vir twee verdrae wat Namibië moet bekragtig.
28 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gryslys: Kyk uit vir geldwassery in handel

Met Namibië op dreef om haarself van die gryslys af te kry, is daar steeds finansiële kwessies wat aangespreek moet word. Geldverduistering tydens internasionale handel, of handelsgebaseerde geldwassery, is een punt wat telkemale oorgesien word. Old Mutual bring die kwessie op die voorgrond en Karischa Schmidt, die groep se nakomingsbeampte,…
11 May 11PM 1 min

Mashaba verwelkom arrestasie van Nigeriese evangelis

ActionSA se president, Herman Mashaba, het die inhegtenisneming van die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso Saterdag in Oos-Londen in die Oos-Kaap verwelkom. Hy sê ActionSA is veral bly om te verneem hy gaan uiteindelik uit Suid-Afrika na Nigerië gedeporteer word, aangesien hy onwelkom is in 'n land waar hy die wette…
11 May 11PM 1 min

Namibië spook onverpoos met gryslys

Namibië maak steeds vordering met pogings om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Geïdentifiseerde strategiese tekortkominge word deurlopend aangespreek en die tweede vorderingsverslag is op 7 Maart ingedien. Die volgende oorsig sal vandeesmaand gedoen word, na nog 'n verslag op 7 April by die taakmag ingedien…
11 May 6AM 1 min

Omvattende soektog na stropers in Krugerwildtuin

Die polisie in Limpopo het 'n omvattende soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die onwettige jag van 'n olifant en die vergiftiging van die karkas wat gelei het tot die dood van talle beskermde aasvoëls in die Krugerwildtuin. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê stropers het 'n…
11 May 5AM 1 min

Dollar se status onder druk, maar nie in gedrang

Die Amerikaanse dollar oorheers internasionale handel en maak die grootste deel van wêreldreserwes uit. Groot ekonomieë, insluitend Saoedi-Arabië en Hongkong, koppel hul geldeenhede aan die dollar. Maar onder president Donald Trump het die VSA ’n handelsoorlog ontketen deur moontlik die hoogste tariewe in ’n eeu in te stel – ’n…
11 May 4AM 1 min