Omvattende soektog na stropers in Krugerwildtuin

--:--
Die polisie in Limpopo het 'n omvattende soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die onwettige jag van 'n olifant en die vergiftiging van die karkas wat gelei het tot die dood van talle beskermde aasvoëls in die Krugerwildtuin. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê stropers het 'n vangstrik gebruik om die olifant te vang en daarna sy karkas met gif bedek, wat tot die vrekte van meer as 'n 100 aasvoëls gelei het, nadat hulle aan die besmette karkas gevreet het:
11 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nege Bokke in Bulle-span teen Edinburgh

Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van…
31 May 1AM 1 min

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
31 May 12AM 1 min

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 12PM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 12PM 1 min

Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop…
30 May 11AM 1 min