Vryheidsdag: Werklike vryheid word aan lewenstandaarde gemeet

--:--
Die Verenigde Demokratiese Beweging doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulself weer te verbind aan die bou van 'n Suid-Afrika wat regverdig, billik en vry is, en 'n land wat die drome van 1994 weerspieël. Die waarnemende sekretaris-generaal van die UDM, Zandile Phiri, sê werklike vryheid moet gemeet word aan die waardigheid en welstand van alle mense. Sy sê dit beteken 'n funksionele staat wat sy beloftes nakom, wat die kwesbares beskerm, en wat amptenare aanspreeklik hou wanneer hulle misluk:
28 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kabinet kritiseer vlugtelingstatus vir Afrikaners

Die kabinet kritiseer Amerika se besluit om vlugtelingstatus aan sommige Afrikaners toe te ken en noem bewerings van vervolging ongegrond en misleidend. Die kabinet is van mening hierdie besluit ondermyn Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en is 'n wanvoorstelling van die land se menseregterekord. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni,…
15 May 12PM 1 min

Starlink-kwessie draai in Nasionale Raad

Gedurende die Nasionale Raad se sitting was begrotingsstem 29 op die agenda. Dit val onder inligting en tegnologie, en Starlink het ter sprake gekom. Tydens die debat oor die stem het die LPM se Willem Labuschagne die kwessie bespreek. Hy vra wetgewers om hom by te staan sodat Starlink in…
15 May 11AM 1 min

Regering moet keer dat SABC ineenstort: SKOOR

Die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge beklemtoon 'n dringende behoefte aan regeringsingryping om die SABC se ineenstorting te verhoed. Die SABC benodig ongeveer 7,5-miljard-rand om sy onbefondsde openbare diens-mandaat te vervul. SKOOR se voorsitter, Songezo Zibi, het die uitsaaier se finansiële onbestendigheid uitgelig en waarsku sonder bykomende befondsing…
15 May 11AM 1 min

2025 Bank Windhoek Triennial-aansoeke open 20 Mei

Bank Windhoek, in samewerking met die Nasionale Kunsgallery het die sesde reeks van die Bank Windhoek Triennial van stapel gestuur. Die kunskompetisie is die grootste van sy soort in die land. Aansoekvorms is by Bank Windhoek se kantore beskikbaar, met die wenner wat 50 000 Namibiese dollar inpalm. Ndeenda Shivute-Nakapunda,…
15 May 10AM 1 min

Shark Island hoef nie kwessie te wees: Lüderitz-burgemeester

Namibië vier die eerste volksmoord herdenkingsdag op 28 Mei, hoewel die Nama- en Herero-gemeenskappe nie saamstem met die datum wat deur die regering vasgestel is nie. Nog 'n twispunt is die beplande uitbreiding van die Lüderitz-hawe wat Shark Island sal dek, wat 'n konsentrasiekamp vir Nama- en Herero-gevangenes was gedurende…
15 May 10AM 1 min