DA sê BTW-saak is ‘n sege vir alle Suid-Afrikaners

--:--
Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sê die Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak dat 'n BTW-verhoging amptelik opgeskort moet word, is 'n sege vir alle Suid-Afrikaners. Sy sê die besluit verseker dat veranderinge aan die BTW-koers behoorlik deur die parlement goedgekeur moet word voordat dit in werking tree. Die DA-woordvoerder, Willie Aucamp, sê die party verwelkom die uitspraak en sal sy stryd voortsit vir, en met alle Suid-Afrikaners vir 'n ekonomie wat groei en werk skep:
28 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eskom: Ligte gaan aanbly dié winter

Eskom voorsien nie dat beurtkrag dié winter geïmplementeer gaan word indien onbeplande onderbrekings laer as 13 000 megawatt bly nie. Eskom het Maandag sy Wintervooruitsig vir die tydperk tot 31 Augustus gestel, wat van krag bly. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê indien onderbrekings tot 15 000 megawatt styg, sal…
11 May 12AM 1 min

SA gretig vir 'konstruktiewe dialoog' met VSA

Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en 'n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin…
10 May 6AM 1 min

Duisende in SA teen werkloosheid verseker

Cosatu verwelkom die Werkloosheidsversekeringsfonds se besluit om verligting ter waarde van 387 miljoen rand aan meer as 6 000 poskantoorwerkers te verskaf. Die befondsing sal 75 persent van hul salarisse oor die volgende ses maande dek, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor met sy omkeerplan besig is. Matthew Parks van Cosatu sê…
10 May 5AM 1 min

NWR-kaarthouers kamp nou goedkoper

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.
10 May 4AM 1 min

Afrikaner-vlugtelinge na VSA 'polities gemotiveerd'

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê…
10 May 3AM 1 min