Wat's so spesiaal aan Mushokabanji as Meatco HUB: Venaani in NV

Loading player...
Die herrie oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as Meatco se uitvoerende hoof het in die parlement gaan draai. Die opdrag van die kabinet na die raad nie sy termyn hernu het nie, is wyd veroordeel. Voormalige landbouminister Calle Schlettwein het ook gewaarsku oor die heraanstelling, want gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard Namibiese dollar van belastingbetalers se geld bestee, sonder dat 'n wins bereik is. PDM-president McHenry Venaani het die volgende vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig oor die kabinet se besluit.
15 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat 'n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van 'n…
7 May 6AM 1 min

Trump-retoriek vererger masels-uitbreking - kenner

Daar is 935 bevestigde gevalle van masels in die VSA, met uitbrekings in ses state en gevalle wat in 23 ander aangemeld is. Drie mense, insluitend twee kinders, is dood waarvan nie een ingeënt is nie. Amerika se afgedankte entstofhoof, dr. Peter Marks het aan Sky News gesê daar sal…
7 May 6AM 1 min

Basters herdenk Sam Khubis

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred…
7 May 6AM 1 min

Daling in besettingsyfers wek kommer by toerisme

Namibia se gasvryheidssektor het 'n voortgesette inkrimping in die eerste drie maande van die jaar ervaar, met noemenswaardige dalings in beide kamer- en bedbesettingsyfers in alle streke, volgens die Namibiese Statistiekagentskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.
7 May 6AM 1 min

Okh-moorde: 12 reeds ondervra, daar's geen aandklokreël nie

Die polisie het reeds ondervraging van 12 persone van belang rakende die moorde op Okahandja voltooi. Intussen is daar onduidelikheid oor die of daar ‘n aandklokreël op die dorp is of nie. Volgens die adjunk-polisiehoof Elias Mutota bestaan dit nie op Okahandja nie. Hy sê daar moet eers ‘n noodtoestand…
7 May 6AM 1 min