Basters herdenk Sam Khubis

Loading player...
Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die organiseerders van die geleentheid wat môre voortduur, gepraat. Die visepresident, Lucia Witbooi word ook by môre se vieringe verwag.
7 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Erwe spotgoedkoop aan raadslede verkoop

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom vir so min as 5 Namibiese dollar net om dit teen ‘n reuse wins te verkoop. Sankwasa het op die Agenda-program van die Engelse dagblad…
9 Jun 10AM 1 min

Skole sonder voedselhulp, want mieliemeel te duur

Die onderwysministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat ongeveer 224 skole het in die eerste ses maande van die jaar nog geen hulp van die Namibiese Skoolvoedingsprogram ontvang nie. Die voedingsprogram is in baie van dié skole die enigste maaltyd wat die kinders vir die dag…
9 Jun 10AM 1 min

Diamante verloor glans, prys onder druk

Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die…
9 Jun 9AM 1 min

Lesotho se OG boos oor Koninklike Paleis

Die Ouditeur-generaal van Lesotho, Paul Letlela, het vertragings en wanbestuur van twee groot projekte gekritiseer. Die Koninklike Paleis wat binne drie jaar voltooi moes wees, is na berigte 15 jaar later steeds nie voltooi nie. Die Lesotho-elektrisiteitsonderneming is intussen ook onder die loep geneem en het dringende regstappe gedoen om…
9 Jun 9AM 1 min