Salah teken nuwe kontrak met Liverpool

Loading player...
Sokker: Die Egiptiese doelskieter Mohamed Salah het 'n nuwe kontrak van twee jaar met Liverpool onderteken wat hom tot 2027 op Anfield sal hou. Sy kontrak sou die einde van hierdie seisoen verstryk. Die 32-jarige het hierdie seisoen 27 doele en 17 aanvorings bygedra om Liverpool tot boaan die Premierliga-punteleer te laat klim. Salah sê hy is opgewonde om steeds vir die Rooies te kan speel en nóg trofees in te palm:
11 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Farm 37 vorder goed ten spyte van Walvis se uitdagings

Die Walvisbaai-jeugforum kla geweldig op sosiale media oor die stand van munisipale dienste in Walvisbaai. Volgens die groep gaan die sanitasie van die dorp agteruit en die dorp word ook nie skoongemaak nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Backyard Tenants-groep se Immanuel Festus oor sake by Farm 37.
16 May 5AM 1 min

Oekraïne: Niks sal gebeur tot ek en Putin nie ontmoet nie, meen Trump

Die Amerikaanse buitelandse sake-minister, Marco Rubio, sê dat hy nie hoë verwagtinge koester vir Oekraïne-Rusland vredesgesprekke wat in Turkye sal plaasvind nie. Hy het na 'n vergadering van Navo buitelandse sake-ministers in suidelike Turkye gesê dat Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Putin moet vergader vir vordering. Dit…
16 May 5AM 1 min

Rubio hou nie veel hoop vir Russiese Oekraïnse onderhandelings uit nie

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hy verwag geen deurbraak in onderhandelinge oor die oorlog in Oekraïne voor president Donald Trump en sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, mekaar nie persoonlik ontmoet nie. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Rusland gekritiseer wat ʼn laevlak-afvaardiging na Turkye gestuur het…
16 May 4AM 1 min

SA moet meer in atletiek belê na skitterende vertoning in China

Die president van Atletiek Suid-Afrika, James Moloi, vra verhoogde befondsing om Span SA te ondersteun na hul prestasie op die Wêreld-afloskampioenskap in Guangzhou, China. Die mans- en vroue 4 x 100-meter- en 4 x 400-meter-span, asook die gemengde 4 x 400-span het hul plek bespreek vir die Wêreldkampioenskap in Tokio…
16 May 4AM 1 min

NNN en Boko smee sterker bande

Namibië sal gasheer wees vir die tweede Bi-nasionale Kommissie-vergadering tussen Namibië en Botswana, wat onder voorsitterskap van die twee staatshoofde sal wees. Die datum van die vergadering moet nog bepaal word. President Netumbo Nandi-Ndaitwah en Botswana se president Duma Boko het gesprekke gevoer in Gaborone, waar Nandi-Ndaitwah op 'n amptelike…
16 May 3AM 1 min