Rubio hou nie veel hoop vir Russiese Oekraïnse onderhandelings uit nie

--:--
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hy verwag geen deurbraak in onderhandelinge oor die oorlog in Oekraïne voor president Donald Trump en sy Russiese eweknie, Vladimir Putin, mekaar nie persoonlik ontmoet nie. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het Rusland gekritiseer wat ʼn laevlak-afvaardiging na Turkye gestuur het vir onderhandelinge oor die oorlog, en beskuldig Putin dat hy nie ernstig is oor vrede nie. Rubio sê hy het nie veel hoop vir vandag se samesprekings nie:
16 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Pleitbedinging sal positief wees vir plaaslike regstelsel

Die Namibiese regstelsel gebruik nog nie pleitbedinging, of “plea bargaining” nie, maar dit wil voorkom of dit op die agenda is. Hoofregter Peter Shivute het die konsep op die voorgrond geplaas by 'n konferensie oor alternatiewe geskilbeslegting in Windhoek. Shivute het sy oortuiging uitgespreek dat die konferensie die weg sal…
9 Jun 5AM 1 min

LA-polisiehoof sê oor betogings, National Guard

Die ontplooiing van die National Guard deur president Donald Trump, sonder dat Kalifornië se regering daarvoor gevra het, bly in die nuus. Die goewerneur Gavin Newsom maak kapsie daarteen en sê dit hits geweld aan. Los Angeles loop sedert Vrydag deur onder betogings, wat gewelddadig geraak het, teen immigrasie-klopjagte. Die…
9 Jun 5AM 1 min

Kenner sê oor Trump en Elon se bekgeveg

Spanning tussen president Donald Trump en Elon Musk het vir eers verlig, met assistente van beide kante wat Vrydag stil-stil gesprekke gevoer het, volgens amptenare van die Withuis wat deur Politico aangehaal word. Alhoewel die openbare vete tot stilstand gekom het, meen amptenare beide partye is steeds uiters ongelukkig. Bronne…
9 Jun 4AM 1 min

Bibberweer duur nog so bietjie voort, brei uit na die Noorde toe

Die bibberweer is nog nie verby en duur voort vannag met die koue wat na die noordelike dele versprei. Die Namibiese weerdiens sê temperature kan in die Suide begin herstel maar, sal steeds uiters koud wees. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jun 4AM 1 min

RedForce in Walvisbaai bly in die nuus

Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook…
9 Jun 3AM 1 min