Ekonoom sê vergoeding vir Zim-boere sal die land help

Loading player...
Nog reaksie word ontvang op die nuus dat die Zimbabwiese regering vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross sê dis ‘n goeie ding veral om weer toegang tot die internasionale verhoog te kry. Hy verduidelik...
11 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Inge Zaamwani aangestel as nuwe landbouminister

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani aangekondig as die nuwe Minister van Landbou, Visserye, Water en Grondbestuur. Zaamwani volg Mac Albert Hengari op, wat verlede week uit die pos getree het. Voordat sy by die Nasionale Vergadering aangesluit het, was Zaamwani 'n adviseur vir grondwetlike aangeleenthede in die Presidensie. Sy…
7 May 9AM 1 min

ActionSA loods inisiatief vir ekonomiese transformasie

ActionSA sê hy stuur vandag sy waagmoedige inisiatief van stapel om Suid-Afrika se ekonomiese transformasie-agenda te herskik tot werklike en blywende regstelling. Die partyleier Herman Mashaba lei die bekendstelling by die Apartheidsmuseum in Ormonde, suid van Johannesburg. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê na 31 jaar van demokrasie, is…
7 May 9AM 1 min

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat 'n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van 'n…
7 May 6AM 1 min

Trump-retoriek vererger masels-uitbreking - kenner

Daar is 935 bevestigde gevalle van masels in die VSA, met uitbrekings in ses state en gevalle wat in 23 ander aangemeld is. Drie mense, insluitend twee kinders, is dood waarvan nie een ingeënt is nie. Amerika se afgedankte entstofhoof, dr. Peter Marks het aan Sky News gesê daar sal…
7 May 6AM 1 min

Basters herdenk Sam Khubis

Die Sam Khubis-herdenking in Rehoboth is tans aan die gang. Sedert 1977 herdenk die basters jaarliks die geleentheid. Op 8 Mei in 1915 het die gemeenskap 'n aanval deur die Schutztruppe oorleef deur op die Rehoboth-koppie te skuil en die Duitsers so oorwin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred…
7 May 6AM 1 min