Geen Afrikaanse nuus op SABC2 was skeduleringsfout

--:--
Die DA het die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se bevestiging verwelkom dat 'n skeduleringsfout die afgelope naweek daartoe gelei het dat die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 nie uitgesaai is nie. Die DA-lid, Willie Aucamp, sê hulle sal voortgaan om die uitsending van die bulletin oor die naweek te monitor om te verseker sulke foute gebeur nie weer nie.
9 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië gasheer vir eerste Statebond-beraad oor handel

Namibië gaan vanaf 16 tot 20 Junie gasheer speel vir die eerste Statebond Sake- en Handelsberaad. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het die aankondiging gemaak en sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond. Dit sal handelsministers van lidlande bymekaar bring.
30 Apr 12PM 1 min

Cosatu ontsteld oor DA-hofgeding oor kwotas

Cosatu sê hy is is ontsteld oor die DA se vals aanval op Gelyke Indiensneming. Die DA het 'n hofaansoek ingedien wat die kwotas vir gelyke indiensneming in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming betwis, wat volgens hulle bloot rasse-uitsluiting onder 'n nuwe naam is. Die wet bepaal aanstellingskwotas vir ekonomiese…
30 Apr 12PM 1 min

Lynminister lig arbeidsomgewing uit in NV

Die Nasionale Vergadering bespreek tans die verkrygingswetsontwerp in die komiteefase. Parlementslede sal later die geleentheid kry om oor begrotingstoewysings te debatteer en vrae te stel. Justisieminister Fillemon Wise Emmanuel het tydens 'n uiteensetting die land se arbeidsomgewing beklemtoon.
30 Apr 11AM 1 min

Motorwerkersvakbond prys Creecy oor minder padsterftes

Die Motorbedryfspersoneelvereniging sê vervoerminister Barbara Creecy, se streng maar regverdige benadering bring broodnodige dissipline na die paaie. Die vakbond het die 46-persent-daling in padsterftes, die laagste in drie jaar, en ’n 33-persent-afname in ongelukke oor die Paasnaweek verwelkom. Die vereniging se woordvoerder, Sonja Carstens, het Creecy se besliste optrede geprys,…
30 Apr 11AM 1 min

Ohangwena-streek trek steeds swaar weens efundja

Met skole wat gesluit is en meer as 7 200 leerders wat geraak word, sowel as agt hervestigingskampe vir 233 huishoudings, gaan dinge moeilik in die Ohangwena-streek. Efundja maak amok. Owerhede ervaar tekorte aan matrasse, kos, toilette en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga gesels.
30 Apr 10AM 1 min