Ohangwena-streek trek steeds swaar weens efundja

Loading player...
Met skole wat gesluit is en meer as 7 200 leerders wat geraak word, sowel as agt hervestigingskampe vir 233 huishoudings, gaan dinge moeilik in die Ohangwena-streek. Efundja maak amok. Owerhede ervaar tekorte aan matrasse, kos, toilette en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga gesels.
30 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Belangrikheid van 'n openbare verkryging-hof onderstreep

Tydens die Nasionale Raad se sitting het Swapo parlementslid Augustinus Tebele die belangrikheid van ’n gespesialiseerde hof vir openbare verkryging beklemtoon. Hy sê dit sal help om vertragings te verminder en konsekwente uitsprake te verseker, en groter deursigtigheid en aanspreeklikheid in openbare verkrygingsprosesse bevorder.
22 May 11AM 1 min

GOOD het kommer oor DA, AfriForum se verhouding

Die GOOD-party sê die verhouding tussen AfriForum en die DA is kommerwekkend, aangesien die een verantwoordelik was vir die afkraking van Suid-Afrika se integriteit in Amerika terwyl die ander deel is van die regering van nasionale eenheid. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum het regstappe teen die Tshwane-metro ingestel…
22 May 11AM 1 min

GOOD het kommer oor DA, AfriForum verhouding

Die GOOD-party sê die verhouding tussen AfriForum en die DA is kommerwekkend, aangesien die een verantwoordelik was vir die afkraking van Suid-Afrika se integriteit in Amerika terwyl die ander deel is van die regering van nasionale eenheid. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê AfriForum het regstappe teen die Tshwane-metro ingestel…
22 May 11AM 1 min

DBV verduidelik nie-optrede na Danger se tweede werpsel van 17

Die hond Danger wat verlede jaar in die nuus was nadat sy 'n rekordgetal 17 kleintjies gehad het, is weer 'n nuusmaker nadat sy nog 'n werpsel van 17 gehad het. Daar het 'n herrie op sosiale media hieroor losgebars, met die publiek wat aandring dat die Dierebeskermingsvereniging moet optree…
22 May 10AM 1 min