Leclerc hoop Ferrari het lesse geleer by Suzuka

--:--
Motorsport: Charles Leclerc van Ferrari erken dat hulle baie werk het om te doen om die motor mededingender te maak. Die bestuurder van Monaco het vierde geëindig in gister se Japannese Grand Prix, 13 sekondes voor sy Britse spanmaat Lewis Hamilton, wat sewende was. Ferrari is reeds 76 punte agter die voorloper, McLaren, in die vervaardigerskampioenskap na net drie wedrenne. Leclerc sê hy hoop die lesse wat by Suzuka geleer is, sal voordelig wees in die volgende wedren in Bahrein.
7 Apr 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonoom sê resessie kom in die VSA

Goldman Sachs het Woensdag sy resessievoorspelling vir die Amerikaanse ekonomie teruggetrek. Dit was na president Donald Trump 'n 90-dae-pouse ingestel het op meeste van die nuwe tariewe wat hy op 2 April aangekondig het. Die beleggingsbank verwag egter steeds dat die Amerikaanse ekonomie vanjaar skerp sal verlangsaam weens voortdurende beleidsonsekerheid…
11 Apr 6AM 1 min

Goud sal verder, vinniger klim

Reaksie word ontvang op die goudprys wat vanoggend vir die eerste keer die deurslaggewende vlak van 3 200 Amerikaanse dollar per fynons verbygesteek het. Ontleders sê daar is 'n voortdurende uittog van Amerikaanse dollar-gebaseerde bates met aandele en effekte se verkoop te midde van tariefbeleid en onsekerheid. Ekonoom Chris Hart…
11 Apr 6AM 1 min

Dwelms: Pluimpie vir polisie, kommer oor hoeveelhede

Dwelm-beslagleggings deur die polisie gaan onverpoosd voort, en dit wissel van 'n paar eenhede tot enorme hoeveelhede. Volgens NamPol se verslag oor beslagleggings in Maart is 3,12 miljoen Namibiese dollar se dagga gekonfiskeer, met kleiner hoeveelhede Mandrax, kokaïenpoeier en crack-kokaïen ook op die lys. 'n Paar dae gelede is 'n…
11 Apr 6AM 1 min

GRN het kommer oor 'deep fakes'

Na vals video's onlangs op sosiale media versprei is met sogenaamde “deep fakes” van die goewerneur van die Bank van Namibië en president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die inligtingsministerie die publiek gewaarsku om bewus te wees van soortgelyke aanlyn bedrogspulle. Inligtingminister Emma Theofelus het 'n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering…
11 Apr 5AM 1 min

Ekonoom sê vergoeding vir Zim-boere sal die land help

Nog reaksie word ontvang op die nuus dat die Zimbabwiese regering vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross sê dis ‘n goeie ding veral om…
11 Apr 5AM 1 min