VSA-tariewe ondermyn groei, globale samewerking: Lamola

--:--
Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, sê die nuwe Amerikaanse tariewe op Suid-Afrikaanse goedere bedreig billike handel en gedeelde ekonomiese groei. Lamola en die handelminister, Parks Tau, was op 'n gesamentlike nuuskonferensie waar Lamola gesê het die 31-persent tariewe wat op 9 April in werking tree, ondermyn handelsvennootskappe soos die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika en dit kan sleutelsektore soos die motor-, landbou- en vervaardiging-sektore benadeel.
4 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Studente eis geld terug vir ongeakkrediteerde kursus

Studente by Atlantic Training Institute eis terugbetalings van 29 000 Namibiese dollar elk vir die ongeakkrediteerde Hulpverpleeg-oorbruggingsprogram. Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Verpleegraad van Namibië het bevestig die program word nie erken nie. Die instelling het ook versuim om sertifikate aan gegradueerdes uit te reik. Matheus Isak, voorsitter by die…
9 Apr 6AM 1 min

IRR sal met EFF, MK oor BTW vergader

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een…
9 Apr 6AM 1 min

CAN se Baby Navara word voorberei vir Rough N Tough

Die Kankervereniging van Namibië se "Baby Navara", eintlik ‘n Nissan 1400-bakkie, berei voor vir die 2025 Rough N Tough-uitdaging, wat op 15 Mei begin. Hierdie drie-dag-tydren oor 1 000 kilometer in Damaraland ondersteun die Kankervereniging en Palliatiewe Sorg Namibië. Die geleentheid word gereël deur die Baard-familie en het reeds miljoene…
9 Apr 6AM 1 min

Walvisbaai-plakkers heffing moet deur verhuurder betaal word

Die Walvisbaai-munisipaliteit het onlangs heffings vir agterplaas plakkers voorgestel wat deur inwoners verwerp word. Die dorp het wesenlike uitdagings met grondlewering wat die raad sukkel om te voorsien. In sommige gevalle, soos in Kuisebmond, kan een erf tot 10 gesinne hê wat agterplaashutte huur. Dit verhoog die kanse vir brande…
9 Apr 6AM 1 min

Tariewe: Trump sê almal smeek by hom, en hy weet hoe om te onderhandel

President Donald Trump van Amerika hou vol sy wêreldwye tariewe is noodsaaklik vir sy ekonomiese visie en werkskepping. Die tariewe is nou in werking en sluit ʼn tarief van 104-persent vir China in, asook heffings op sowat 60 lande wêreldwyd wat Amerika die grootste oortreders noem. Die heffings op hierdie…
9 Apr 6AM 1 min