Palliatiewe kankersorg brei uit na kus

--:--
Die Kankervereniging van Namibië gaan sy palliatiewe sorg na Erongo uitbrei met die nuwe Huis Johannesson Sorgfasiliteit op Swakopmund. Dit is na Kurt Johannesson vernoem, die voormalige hoof van die Kankervereniging, om sy groot bydrae tot kankersorg- en bewusmaking in die land te erken. Die eenheid aan die kus sal nou met die Huis Zietsman Sorgfasiliteit in Windhoek saamwerk. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging, het meer:
4 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië spook onverpoos met gryslys

Namibië maak steeds vordering met pogings om van die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys verwyder te word. Geïdentifiseerde strategiese tekortkominge word deurlopend aangespreek en die tweede vorderingsverslag is op 7 Maart ingedien. Die volgende oorsig sal vandeesmaand gedoen word, na nog 'n verslag op 7 April by die taakmag ingedien…
11 May 6AM 1 min

Omvattende soektog na stropers in Krugerwildtuin

Die polisie in Limpopo het 'n omvattende soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verantwoordelik is vir die onwettige jag van 'n olifant en die vergiftiging van die karkas wat gelei het tot die dood van talle beskermde aasvoëls in die Krugerwildtuin. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba sê stropers het 'n…
11 May 5AM 1 min

Dollar se status onder druk, maar nie in gedrang

Die Amerikaanse dollar oorheers internasionale handel en maak die grootste deel van wêreldreserwes uit. Groot ekonomieë, insluitend Saoedi-Arabië en Hongkong, koppel hul geldeenhede aan die dollar. Maar onder president Donald Trump het die VSA ’n handelsoorlog ontketen deur moontlik die hoogste tariewe in ’n eeu in te stel – ’n…
11 May 4AM 1 min

SA betaal steeds prys vir staatskaping

Cosatu het president Cyril Ramaphosa se ernstige oproep op die parlement verwelkom om te sorg dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting aan al die grondwetlike vereistes voldoen. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê Suid-Afrika ervaar steeds die snydende koste van staatskaping, korrupsie en magsmisbruik, en kan nie bekostig…
11 May 3AM 1 min

Nigeriese kerkman in SA vasgevat

Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, het die Nigeriese televisie-evangelis Timothy Omotoso as 'n onwettige persoon in Suid-Afrika verklaar. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê Omotoso het vroeër sy status as 'n verbode persoon in die hof betwis, en die hof het beslis sy status moet na die…
11 May 2AM 1 min