M23 vererger bestaande humanitêre krisis in DRK

--:--
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê die veldtog wat Rwandees-gesteunde M23-rebelle in Januarie in die DRK begin het, vererger ʼn reeds haglike humanitêre krisis. Meer as 7 000 mense is in gevegte in die ooste van die DRK dood sedert M23-rebelle met hernude aanvalle begin het. Die VN se adjunk-hoëkommissaris vir menseregte, Nada Al-Nashif, sê enige planne vir volhoubare vrede moet die basiese oorsake van die konflik aanspreek:
4 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vertraging in herbou van parlement is pligsversuim - BOSA

Build One South Africa het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, gekritiseer en sê hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir die vertraging met die herbou van die Parlement in Kaapstad nie. Werk begin na verwagting volgende maand aan die Ou Volksraadgebou, wat erg beskadig is in 'n brand…
15 Apr 6AM 1 min

Luukse spog-horlosie deur Namdia in Switserland bekend gestel

Namdia, in samewerking met Diamwill of Antwerp, het onlangs die luukse Namib Queen of Hearts-horlosie in Switserland bekend gestel. Dit het die belangstelling van internasionale versamelaars en connoisseurs geprikkel. Die horlosie is aanlyn beskikbaar op die webtuiste van Backes and Strauss London. Beverley Coussement, woordvoerder van Namdia, het met Kosmos…
15 Apr 6AM 1 min

Nujoma belowe 5 000 huise in Khomas, in 12 maande

Reaksie word ontvang op planne deur die Khomas-streeksregering wat beoog om 5 000 huise binne die volgende 12 maande in die streek te bou. Die inisiatief is deel van die regering se plan om informele nedersetting in die stedelike gebied van Namibië te formaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die…
15 Apr 6AM 1 min

Ontleding toon Air Namibia is onvolhoubaar

Ontleders is skepties oor die regering se planne om 20 miljoen Namibiese dollar aan ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ‘n nuwe Air Namibia te bestee, plus nóg 3 miljard dollar oor ‘n tydperk van vyf jaar om ‘n nuwe nasionale lugredery te vestig. Kosmos 94.1 het Hiren Naidoo, ‘n ontleder by Cirrus…
15 Apr 6AM 1 min