Trump se tariewe sal Namibië nie direk raak: kenner

Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump se algemene invoertariewe van tien-persent op alle invoere na Amerika, is besig om skokgolwe deur die wêreld te stuur. Suid-Afrika word erg geraak met totale tariewe van 30 persent, wat die land se ekonomie sal benadeel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Roelof Botha, 'n finansiële adviseur by Optimum Group, oor hoe die tariewe Namibië se ekonomie sal raak, aangesien Suid-Afrika 'n belangrike handelsvennoot is.
3 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-China ooreenkoms stoot olieprys op

Die prys van Brent ru-olie is besig om te styg en het sedert markte oopgemaak het met amper 3 persent geklim. Dit kom na die VSA en China tariewe aansienlik verlaag het vir die volgende 90 dae met onderhandelings wat voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Dawie Klopper gepraat.
12 May 4AM 1 min

Ngurare sê kleinsake is 'n belegging in lewenskragtigheid

Eerste minister Elijah Ngurare sê ‘n belegging in klein besighede is ‘n belegging in lewenskragtigheid. Ngurare het tydens die fondsinsamelingsdinee van die Oshakati Totem Expo op die dorp gesê dié skou bied nie net ‘n platform vir SME’s nie, maar ook vir kleinskaalse boere, groot besighede en kultuur. Dit bevorder…
12 May 4AM 1 min

Maak die kanaal finaal reg - Shaningwa

Tydens 'n Nasionale Vergadering-sitting het die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, reageer op die landbouminister se verslag oor water en mariene hulpbronne. Sy sê die ministerie mors jaarliks geld op slote grawe sonder dat water van die Calueque-Oskahati-knaal ooit Omuthiya bereik. Sy het ook duidelik gemaak dat sy nie belangstel…
12 May 3AM 1 min

Nieu-Seeland vat onder-20-trofee

Nieu-Seeland het Suid-Afrika op die Nelson Mandelabaai-stadion in die Baai naelskraaps met 48-45 geklop om die Onder-20-Rugbykampioenskapstitel te behou. Die Kiwi’s was met 19-0 agter, maar het met net 13 spelers sokkies opgetrek vir ʼn epiese oorwinning. Australië is tweede na ʼn welverdiende 40-36-sege oor Argentinië, wat laaste is, met…
12 May 3AM 1 min