Swapo-LP Andreas Amundjindji het tydens ‘n sitting van die Nasionale Raad teen die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) uitgevaar en gesê die goedgekeurde tariefverhoging van 3,8 persent wat in Julie in werking tree, plaas geweldige druk op die verbruiker. Amundjindji het voorts die salarisse en bonusse van die ECB skerp gekritiseer en gevra…
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging verwelkom die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om nie die gesondheidsbevorderingsheffing, algemeen bekend as die suikerbelasting, in sy jongste begroting te verhoog nie. Die handhawing van die huidige koers vermy verdere skade aan werksgeleenthede in landelike gebiede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die organisasie se voorsitter,…
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die begroting vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredesending in die DRK verminder. Die begroting om die soldate veilig te onttrek, het egter tot R3 miljard gestyg. Godongwana het in sy begrotingsrede gesê hierdie verskuiwing weerspieël die beplande gefaseerde onttrekking uit die DRK,…
Die nuwe afrigter van Engeland se vrouespan, Charlotte Edwards, sê sy gaan volgende jaar minimum fiksheidstandaarde instel. Spelers se fiksheidsvlakke is gekritiseer tydens die nederlaag in die reeks om die As teen Australië, wat die vorige afrigter, Jon Lewis, sy pos gekos het en Heather Knight haar kapteinskap. Die span…
Agra Limited het 'n vennootskap aangegaan met SwiftVEE, Afrika se grootste aanlyn veilingplatform vir vee en wild. Die samewerking kombineer Agra se dekadeslange ervaring in plaasveilings met SwiftVEE se gevorderde tegnologie en kontinentale kopersnetwerk. Boere sal nou baat vind by tradisionele veilings met breër aanlyn blootstelling, regstreekse aanlyn bod, beter…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.