Cyril bekragtig nuwe intelligensiewet

--:--
President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Algemene Intelligensiewette bekragtig, wat groot veranderings in intelligensiedienste meebring. Die Staatsveiligheidsagentskap sal vervang word deur twee nuwe instansies, die Buitelandse Intelligensiediens en die Binnelandse Intelligensie-agentskap, na aanleiding van aanbevelings deur die Zondo-kommissie en 'n hoëvlak-hersieningspaneel. Die woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die wet sal die intelligensie-opleidingsakademie laat herleef, parlementêre toesig versterk, en strenger beheer oor internet-waarneming afdwing:
29 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernubare energie kan van krag tot krag

Hernubare-energie het verlede jaar vir 90 persent van totale kraguitbreidingsprojekte in die wêreld gesorg, sê die International Renewable Energy Agency. Wind- en sonkragprojekte het die meeste uitgebrei. Kosmos 94.1 het met Harald Schütt, ‘n plaaslike energiekenner, oor die stand van sake in Namibië gepraat:
2 Apr 8AM 1 min

Nigeriese evangelis Omosoto skotvry

Die Hooggeregshof in Gqeberha het die Nigeriese televisie-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, onskuldig bevind op 32 aanklagte, insluitend verkragting, seksuele aanranding en mensehandel. Volgens berigte sal Omotoso waarskynlik gedeporteer word ná sy vryspraak. Regter Irma Schoeman sê die staat kon nie daarin slaag om…
2 Apr 8AM 1 min

Namibië gaan toerisme-meesterplan ontwikkel

Namibië gaan ‘n nuwe meesterplan vir toerisme ontwikkel om nuwe beleggings te lok en die bedryf te diversifiseer. Dit moet teen Junie vanjaar voltooi wees. Die nuwe minister van toerisme, Indileni Daniel, sê die inisiatief stem ooreen met Swapo se verkiesingsmanifes.
2 Apr 7AM 1 min

ActionSA sê BTW-verhoging in begroting is geskrap

ActionSA sê hy het Suid-Afrikaners beskerm teen buitensporige belasting en toenemende ekonomiese druk. Dit volg nadat die party 'n voorstel in die fiskale raamwerkverslag gedoen het wat verseker het dat die verhoging van 0,5-persent in BTW vir die 2025/2026-boekjaar geskrap word. Athol Trollip van ActionSA sê hulle het verseker 'n…
2 Apr 7AM 1 min

Sakke vol ammunisie, groot aantal vuurwapens in Suiderhof gesteel

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat 'n groot aantal vuurwapens en hordes ammunisie in die vroeë oggendure van Dinsdag tydens 'n inbraak by 'n huis in Suiderhof gesteel is. Die huiseienaar, wat nie tuis was nie, vervaardig glo self ammunisie en besit verskeie vuurwapens. Net 'n persoon wat die huis…
2 Apr 7AM 1 min