
Sakke vol ammunisie, groot aantal vuurwapens in Suiderhof gesteel
--:--
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat 'n groot aantal vuurwapens en hordes ammunisie in die vroeë oggendure van Dinsdag tydens 'n inbraak by 'n huis in Suiderhof gesteel is. Die huiseienaar, wat nie tuis was nie, vervaardig glo self ammunisie en besit verskeie vuurwapens. Net 'n persoon wat die huis opgepas het was daar ten tyde van die voorval, maar geen beserings is aangemeld nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met NamPol inspekteur Silas Shipandeni.