'Kill the Boer' het geen plek in demokratiese SA nie - Mbalula

--:--
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die dreunsang "Kill the Boer, Kill the Farmer", is nie meer van toepassing op die party se doelwitte nie, alhoewel die Konstitusionele Hof dit nie onwettig geag het nie. Hy het tydens 'n onderhoud by die nasionale uitvoerende komitee se vergadering in Boksburg, Gauteng, verduidelik die dreunsang is gewortel in apartheid-era-weerstand en was wel deel van die stryd, maar het geen plek in 'n demokratiese Suid-Afrika nie:
28 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië gaan toerisme-meesterplan ontwikkel

Namibië gaan ‘n nuwe meesterplan vir toerisme ontwikkel om nuwe beleggings te lok en die bedryf te diversifiseer. Dit moet teen Junie vanjaar voltooi wees. Die nuwe minister van toerisme, Indileni Daniel, sê die inisiatief stem ooreen met Swapo se verkiesingsmanifes.
2 Apr 7AM 1 min

ActionSA sê BTW-verhoging in begroting is geskrap

ActionSA sê hy het Suid-Afrikaners beskerm teen buitensporige belasting en toenemende ekonomiese druk. Dit volg nadat die party 'n voorstel in die fiskale raamwerkverslag gedoen het wat verseker het dat die verhoging van 0,5-persent in BTW vir die 2025/2026-boekjaar geskrap word. Athol Trollip van ActionSA sê hulle het verseker 'n…
2 Apr 7AM 1 min

Sakke vol ammunisie, groot aantal vuurwapens in Suiderhof gesteel

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat 'n groot aantal vuurwapens en hordes ammunisie in die vroeë oggendure van Dinsdag tydens 'n inbraak by 'n huis in Suiderhof gesteel is. Die huiseienaar, wat nie tuis was nie, vervaardig glo self ammunisie en besit verskeie vuurwapens. Net 'n persoon wat die huis…
2 Apr 7AM 1 min

Besighede skuld N$1,7 miljard aan BTW op invoere

Sommige besighede in Namibië maak slim plane om BTW op invoere te ontduik. Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, sê teen die einde van Februarie was 5 182 belastingbetalers sowat 1,7 miljard Namibiese dollar in totaal aan uitgestelde BTW-betalings verskuldig. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
2 Apr 6AM 1 min

Kenner prys regering oor kuberveiligheid-inisitaief

Reaksie word ontvang op die regering wat 20 miljoen Namibiese dollar belê om die land se kuberveiligheid op te skerp. Dié aanvangskapitaal maak Namibië se Cyber Security Incident-reaksiespan amptelik operasioneel en volg op die Namibiese Regulerende Owerheid van Kommunikasie, Cran, se eerste sessie oor kuberveiligheid die afgelope naweek. Kosmos 94.1…
2 Apr 5AM 1 min