Oryx Properties bekom Platz Am Meer

--:--
Cirrus in die hoofstad sê Oryx Properties, wat onder andere Maerua Mall en Baines Inkopiesentrum besit, sal Platz am Meer in Swkaopmund vir 290 miljoen Namibiese dollar bekom. Hierdie verkryging dui op 'n strategiese benadering om hul portefeulje uit te brei terwyl hulle voordeel trek uit gunstige finansieringstoestande. Dit is onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingskommissie se goedkeuring. Medestigter en direkteur by Cirrus, Romé Mostert het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
28 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vloede saai chaos in Kunene

Vloede in die Kunenestreek het reeds 68 families ontwortel, een lewe geëis, infrastruktuur beskadig en landerye verwoes. Skole en lodges is geraak en hulp is dringend nodig. Hoewel die gesondheidsministerie regstaan, kan voortdurende reën die krisis vererger. Tjimutambo Kuuoko, raadslid vir die Epupa-kiesafdeling, verduidelik:
2 Apr 10AM 1 min

IPC vies oor uitgestelde begrotingsdebat

Die amptelike opposisie in Namibië, die Independent Patriots for Change, is ontevrede omdat die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering uitgestel is. Dit was veronderstel om van 1 tot 8 April plaas te vind. Begrotingsdokumente was nie betyds beskikbaar nie, sê die IPC. Die party kritiseer ook die begroting en sê…
2 Apr 10AM 1 min

Pensioenarisse suig aan agterspeen

Die verhoging van maatskaplike toelaes soos staatspensioene is in die afsienbare toekoms nie ‘n prioriteit vir die regering nie. Volgens die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, fokus die regering eerder op kwessies soos voedselproduksie. Dit is teenstrydig met president Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkiesingsveldtog verlede jaar toe sy onderneem het om…
2 Apr 9AM 1 min

Vakbond verlig oor reddingsboei vir ArcelorMittal SA

Cosatu verwelkom die regering se poging om ArcelorMittal Suid-Afrika se twee sleutel-staalfabrieke in Newcastle en Vereeniging in werking te hou. Dit volg nadat die onderneming die besluit om sy lang staalbesigheid te sluit, tot 31 Augustus uitgestel het, omdat hy 'n lening van 1,68 miljard rand van die regering se…
2 Apr 9AM 1 min

Hernubare energie kan van krag tot krag

Hernubare-energie het verlede jaar vir 90 persent van totale kraguitbreidingsprojekte in die wêreld gesorg, sê die International Renewable Energy Agency. Wind- en sonkragprojekte het die meeste uitgebrei. Kosmos 94.1 het met Harald Schütt, ‘n plaaslike energiekenner, oor die stand van sake in Namibië gepraat:
2 Apr 8AM 1 min