Pensioenarisse suig aan agterspeen

--:--
Die verhoging van maatskaplike toelaes soos staatspensioene is in die afsienbare toekoms nie ‘n prioriteit vir die regering nie. Volgens die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, fokus die regering eerder op kwessies soos voedselproduksie. Dit is teenstrydig met president Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkiesingsveldtog verlede jaar toe sy onderneem het om wyle president Hage Geingob se beloftes gestand te doen dat pensioene tot 3 000 Namibiese dollar maandeliks sal verhoog. Pensioenarisse ontvang tans 1 600 dollar per maand. Shikoto het onlangs die volgende aan One Africa gesê.
2 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Itula gaan sukkel om leierskapstempel af te druk

Die president van die Independent Patriots of Change, Panduleni Itula, gaan dit baie moeilik vind om sy leierskapstempel af te druk met dié dat die IPC weier om die rol van die amptelike opposisie in die parlement in te stem, sê kenners. Itula het besluit om eerder ‘n skadukabinet aan…
5 Apr 6AM 1 min

Swakopmund Rally skop seisoen af

Die eerste tydren van die jaar, die gewilde Swakopmund Rally, het vanoggend op Swakopmund begin. Die tydren strek oor sowat 106 kilometer. Francois Lottering is daar en doen verslag:
5 Apr 6AM 1 min

ActionSA wil Lily-mynwerkers se oorskot herwin

ActionSA is gereed om gespesialiseerde mynreddingsmaatskappye uit te nooi om die oorblyfsels van die drie Lily-mynwerkers wat sedert 2016 vasgekeer is, te herwin. ActionSA sal 'n Versoek vir Voorleggings uitreik nadat toegang in Februarie toegestaan is. Party-leier Herman Mashaba sê die stap is gemik om na byna nege jaar, genesing…
5 Apr 5AM 1 min

Pad gesluit tussen Rosh Pinah en Oranjemund

Die pad tussen Rosh Pinah and Oranjemund is beskadig en gesluit vir verkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid, gepraat:
5 Apr 4AM 1 min

MK vies oor Zelensky se besoek aan SA

Die MK-party sê hy gaan betoog teen president Volodymyr Zelensky van Oekraïne se komende staatsbesoek aan Suid-Afrika. Die sekretaris-generaal Floyd Shivambu veroordeel die regering se besluit om Zelensky te nooi en noem hom ʼn strooipop-president. Zelensky kom na verwagting volgende week in Pretoria aan vir ʼn amptelike staatsbesoek. Hy beklemtoon…
5 Apr 3AM 1 min