
Trump bevestig nie G20-bywoning, sê SA gevaarlike plek
Loading player...
Die Amerikaanse president, Donald Trump, se bywoning van die G20-beraad in Suid-Afrika in November bly onseker te midde van groeiende diplomatieke spanning. Amerika het ook befondsing aan Suid-Afrika gestaak. Die land se minister van Finansies, Scott Bessent, en minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gaan nie G20-vergaderings bywoon nie, maar president Cyril Ramaphosa ontken dis 'n boikot. Trump het op 'n vraag in die Oval Office oor sy bywoning van die beraad, gesê Suid-Afrika is 'n gevaarlike plek.