Die Erongo-streek kan beduidende ekonomiese groei verwag in die komende maande en jare. 'n Belangrike ontwikkeling is die nuutgeboude waterstof-hervullingstasie in Walvisbaai. Daar is ook vooruitsigte vir twee olieraffinaderye in die hawedorp. Intussen het Swakopmund meer bouplanne in verskeie maande verlede jaar goedgekeur as Windhoek, wat op 'n konstruksie-oplewing dui…
RISE Mzansi erken daar is 'n afname in geweldsmisdaad, maar bly bekommerd oor die voortgesette hoë misdaadsyfers. Daar was tussen Oktober en Desember verlede jaar 6 953 moorde en 11 803 aangetekende verkragtings, wat neerkom op 'n gemiddeld van 76 moorde en 129 verkragtings elke dag. Makashule Gana van die…
Die DA in Gauteng vra 'n ondersoek oor moontlike politieke bande met die vermorsing van 500 miljoen rand vir die opknapping van die Anglo Ashanti-hospitaal. Die Spesiale Tribunaal het die huurooreenkoms tersyde gestel en dit ongrondwetlik en onregmatig verklaar. Die Spesiale Ondersoekeenheid is besig om 93 miljoen rand wat aan…
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, versoek inwoners om waaksaam te bly aangesien daar na voortgesette swaar reën steeds vloedrisiko’s in die provinsie bestaan. Sewe sterftes is vandeesweek aangemeld, met ses in eThekwini weens modderstortings, terwyl 'n jong leerder deur vloedwater in eShoba meegesleur is…
Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, 'n man en 'n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.