Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27

Loading player...
Donald Trump is terug en gereed om te regeer. In dié aflewering van Net nog enetjie bespreek ons hoe die volgende vier jaar onder Trump 2.0 gaan lyk. Trump het ʼn besige eerste dag op kantoor gehad, en die res van sy termyn gaan waarskynlik nóg bedrywighede inhou.

Terwyl Trump besig was om sy skoene vir die Withuis te poets, was ʼn ander president besig om sy regering te toets. In die doodsnikke van 2024 het president Ramaphosa die volle Bela-wet gepromulgeer.
Chapters
  • 00:00 Welkom terug!
  • 01:43 Trump is terug
  • 12:12 Ramaphosa smokkel Bela in
  • 22:16 Die (toe)stand van die RNE
  • 27:51 Wat lê in 2025 voor?
22 Jan 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Meer mag aan die mense! | Ep. 89

In dié week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en gasaanbieder Tania Heyns oor die DA se pas bekendgestelde 2026-verkiesingsmanifes. Dié nuwe verkiesingsmanifes erken ʼn ongemaklike werklikheid: wat tans in die meeste munisipaliteite gebeur, werk eenvoudig nie. As die huidige antwoord nie werk nie, is…
13 Aug 25 min

Net nog enetjie | Vir wie om te stem | Ep. 88

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom. "Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
5 Aug 26 min

Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87

Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond?…
30 Jul 23 min