‘Net nog enetjie’ | 2024: Die jaar van groot politieke verandering | Ep. 26

Loading player...
In hierdie laaste episode vir 2024 van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en gasaanbieder dr. Theo de Jager oor alles wat in 2024 gebeur het. Die ANC het mag verloor, John Steenhuisen se Moonshot-pakt het toe omvorm in ʼn regering van nasionale eenheid en Jacob Zuma het weereens opgestaan uit die politieke dood. Nou is die vraag: Gaan die RNE dieselfde tyd volgende jaar nog vir mekaar kerskaartjies stuur of is hierdie hulle eerste en laaste Kersete saam?
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 02:03 Beurtkrag bied ʼn duistere begin
  • 05:36 Die ANC verloor mag en die politiek versplinter
  • 11:38 Die politiek verander nie alles nie
  • 15:31 Trump en ʼn nuwe wêreld
  • 25:42 Wat gaan 2025 inhou?
  • 34:49 Hoekom Geloftedag?
11 Dec 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Die son sak oor Alles-ras | Ep. 73

Daar is toenemende konsensus dat die huidige stelsel nie werk nie. Waar sommige dit al jare lank uitwys, begin ander dit nou eers – soms huiwerig – erken. Tog is daar steeds diegene wat hardnekkig vasklou aan die idee dat die beleid moreel reg is, en dat slegs die implementering…
25 Mar 23 min

Net nog enetjie | Begroting-babelas | Ep. 69

Luister nou na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie waarin Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die 2026-begroting gesels. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede vir die jaar gelewer – hierdie tyd verlede jaar het die land gespartel en almal gepraat oor die…
26 Feb 22 min