Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het herhaal dat Namibiërs moet deel in enige voordele wat uit groenwaterstofinisiatiewe kom. Sy het gepraat tydens die tweede sentrale komitee-vergadering van die Namibia Exiles Kids Association, of Neka, in Windhoek. Nandi-Ndaitwah het meer.
Die Stad Kaapstad bied ʼn beloning van tot 100 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van diegene wat verantwoordelik was vir die moord op ʼn 14-jarige seun in Elsiesrivier. Grantham van Reenen is noodlottig gewond toe vermeende bendelede losgebrand het toe hy…
Na aanleiding van die goeie reën onlangs in die noordelike streke, word bestaansboere versoek om hul grond voor te berei vir ploeg, met die vooruitsig op 'n goeie oes hierdie seisoen. Boere moet ook genoeg saad beveilig en vir staatsgesubsidieerde trekkers registreer, wat hulle in staat stel om hul lande…
Die GOOD-party sê 'n weldeurdagte en volhoubare reaksieplan op voedseloordraagbare siektes is nodig en nie 'n halsoorkop reaksie soos die registrasie van spazawinkels binne 21 dae nie. Meer as 800 voedselvergiftigingsgevalle is oral in die land aangemeld met minstens 23 sterfgevalle. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê hoewel…
Toerisme is een van Namibië se belangrikste sektore, met Swakopmund 'n sleutelbestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Soos die vakansieseisoen nader kom, bring 'n oplewing in toerisme ekonomiese voordele, wat werk skep en plaaslike besighede 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.