Volhoubare plan nodig teen voedseloordraagbare siektes

--:--
Die GOOD-party sê 'n weldeurdagte en volhoubare reaksieplan op voedseloordraagbare siektes is nodig en nie 'n halsoorkop reaksie soos die registrasie van spazawinkels binne 21 dae nie. Meer as 800 voedselvergiftigingsgevalle is oral in die land aangemeld met minstens 23 sterfgevalle. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê hoewel die regering se bedoeling goed is, het dit 'n hele miernes oopgeskop.
22 Nov 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

LAC se uitreik na San in Omaheke 'n groot sukses

Die Regshulpsentrum, in samewerking met die Europese Unie, het 'n suksevolle vyf-dag veldgebaseerde opleidingsprogram vir regshulp in Gobabis en Vergenoeg in die Omaheke-streek aangebied as deel van die San-bemagtigingsprojek. Die program het ten doel gehad om toegang tot geregtigheid te versterk en regskapasiteit in gemarginaliseerde San-gemeenskappe regoor Namibië te bou…
26 Nov 5AM 1 min

Mashatile sê in '23 was 100 000 babas van moeders 10 - 19 jaar oud

Adjunkpresident Paul Mashatile veroordeel die toenemende aantal kinderswangerskappe en beskryf dit as 'n krisis wat dieper sosio-ekonomiese en kulturele kwessies weerspieël. Hy het tydens die amptelike bekendstelling van 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, by die Burgersentrum op Rustenburg onthul meer as 100 000 van…
26 Nov 5AM 1 min

LGBT-kiesers moet stem vir verandering - aktivis

Môre is die verkiesings, en jong LGBT-kiesers spreek kommer uit dat politieke partye uit voeling is met moderne realiteite. Hulle voel dat baie partye nie ontwikkel het nie en aanhou om bevooroordeelde sienings te huldig wat die gemeenskap marginaliseer. Hulle vra vir meer inklusiewe beleide en groter verteenwoordiging, en glo…
26 Nov 5AM 1 min

Tucna sê werkgewers wat kla oor minimumloon is belaglik

Die nuwe minimumloon tree op 1 Januarie in werking. Onder andere die landbousektor het gevra vir 'n gefasseerde inwerkingstelling oor drie jaar, wat toegestaan is. Alle lone moet egter in kontant betaal word en rantsoen kan nie daarvoor gebruik word nie. Baie verenigings en groepe is ontevrede en sê dit…
26 Nov 4AM 1 min

Black Friday-verkope sal gedemp wees

Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit die buurland dat FNB voorspel dat meer as 19,5-miljoen transaksies ter waarde van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand gedurende die 2024 Swart Vrydag-naweek. Kleinhandelaars is optimisties oor sterk verbruikersbesteding. Plaaslik sal dit altyd gedemp wees, volgens Unam-ekonoom dr. Omu Kakajaha-Matundu, eenvoudig omdat die ekonomie…
26 Nov 4AM 1 min