Kospryse in SA is te duur - inflasie is dan bestendig

--:--
Die Mededingingskommissie sê voedselsekerheid in Suid-Afrika word ernstig bedreig hoewel inflasie bestendig is. In sy jongste moniteringsverslag vir noodsaaklike voedselpryse sê die kommissie hoewel sommige pryse verbeter het, betaal huishoudings steeds baie duur vir noodsaaklikhede soos mieliemeel en eiers. Kommissiewoordvoerder, Siyabulela Makunga, sê ten spyte van ’n sterker rand en laer brandstofpryse bly sleutel-voedselitems duur, wat kommer oor voedselsekerheid laat voortduur:
5 Oct 1AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Sauma moet meer skenkings ontvang

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het onlangs by 'n geleentheid in die hoofstad 'n opdatering van hul werksaamhede gegee. Sauma is gekant teen enige uraan-mynbedrywighede in die Stampriet-bekken, veral deur die loog-metode, omdat dit die akwifeer kan besoedel. Volgens Tanja Dahl, 'n lid van die bestuurskomitee, is Sauma…
5 Oct 5AM 1 min

Bruce Springsteen sal vir Kamala stem

Bruce Springsteen het die Demokratiese presidentskandidaat, Kamala Harris, onderskryf - die jongste glanspersoonlikheid wat die Amerikaanse visepresident ondersteun. Die sanger sê Trump is die gevaarlikste kandidaat vir 'n presidentskap.
5 Oct 5AM 1 min

Reuse-dieselbesparing: SA is 191 dae beurtkragvry

Suid-Afrika is nou 191 dae sonder beurtkrag. Eskom skryf dit toe aan sy Opwekking-bedryfsherstelplan, wat jaar-tot-jaar 11,51 miljard Suid Afrikaanse rand in dieselkoste bespaar. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê die Energie-beskikbaarheidsfaktor het verbeter tot 63,2 persent en die voortgesette verbetering in die opwekkingsvloot se prestasie word ook toegeskryf aan versnelde…
5 Oct 5AM 1 min

SUN tree ook aan by skole sonder toilette, water in Rundu

Die Studente-unie van Namibië het kommer uitgespreek oor die gebrek aan funksionele toilette en water by die Ndama Junior Primêre Skool in Rundu, wat leerders drie weke lank sonder behoorlike sanitasie gelaat en tot die opskorting van klasse gelei het. Die direkteur van onderwys in Kavango-Oos, Christine Shilima, het klasse…
5 Oct 3AM 1 min

Broodnodige dialise-sentrum open op Oshakati

Gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula het die hoofrede gelewer by die ingebruikneming van 'n 12-bed dialise-eenheid by die Oshakati Intermediêre Hospitaal. Hy het die belangrikheid van die eenheid beklemtoon, wat toegang tot lewensreddende hemodialise vir pasiënte met chroniese nierversaking uitbrei. Namibië het groot aanvraag vir dialise as gevolg van die hoë…
5 Oct 3AM 1 min