Sauma moet meer skenkings ontvang
--:--
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het onlangs by 'n geleentheid in die hoofstad 'n opdatering van hul werksaamhede gegee. Sauma is gekant teen enige uraan-mynbedrywighede in die Stampriet-bekken, veral deur die loog-metode, omdat dit die akwifeer kan besoedel. Volgens Tanja Dahl, 'n lid van die bestuurskomitee, is Sauma se standpunt steeds dat sodra loodstoets-mynbou-inisiatiewe begin, die grondwater besoedel sal word. Dahl beklemtoon dat skenkings aan Sauma besig is om op te droog.