DIE BYBEL - Episode 10 - Reinheid en onreinheid
--:--
Dr. Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet gesels in hierdie episode oor “Reinheid en onreinheid – ‘n venster tot die kultuur van die mense van die Bybel”. Hulle verduidelik wat die verskillende tipes reinheid en onreinheid in die Bybelse tyd was en hoe Jesus ook radikaal hierdie denke uitgedaag het. Hulle deel ook in hierdie episode ’n paar interessante feite oor kos in die Bybel. Aan die einde van die episode antwoord hulle ook ’n paar vrae.